BlueGlobe International
My status

Translation Services

Translation Services

Career With BlueGlobe

Banner
Banner
Banner

SAIC

"SAIC is a FORTUNE 500® scientific, engineering, and technology applications company that uses its deep domain knowledge to solve problems of vital importance to the nation and the world, in national security, energy and the environment, critical infrastructure, and health. BlueGlobe International LLC consistently provides language services on a global scale which meet the strict vendor standards required by SAIC."


Fulbright

"BlueGlobe cares .. our expectations were exceeded with accuracy and promptness. A long term relationship will benefit our firm and yours."


Crowell-moring

"Thanks again for extra-ordrinary services."


AAAS

"Friendly staff combined with unusual promptness and services will see our association always requesting BlueGlobe."

* For Translation - click flag

Afrikaanse Vertaaldienste

Afrikaans

BlueGlobe International - bied gekwalifiseerde Afrikaanse vertalers

Ons professionele Afrikaanse vertalers bied vertaaldienste aan met ’n deeglike kennis van die brontaal, teikentaal en onderwerp. BlueGlobe kontrakteer hoogs bekwame, ervare Afrikaanse vertalers wat enige soort of grootte projek kan aanpak, insluitende webwerwe, e-pos, briewe, tydskrifte, regsdokumente, mediese vaktydskrifte, tegniese handleidings, boeke, resepte, spyskaarte, ens. . . . selfs ’n tatoeëermerk! Vervolgens vertaal ons projekte uit ’n wye verskeidenheid vakgebiede: regs-, finansieel, medies, tegnies, bemarking, ens. BlueGlobe doen moeite om misvertalings te vermy, en ons kan kliënte gerusstel dat alle materiaal wat ingestuur word, slegs deur ’n moedertaalspreker van Afrikaans vertaal sal word. Die vertaler wat aangewys word om die projek te doen, moet bewysbare ondervinding en spesifieke kennis van die vakgebied van die kliënt se projek hê. Buiten die basiese konsepte, sal hy ook die onderliggende “taaltruuks” verstaan wat nodig is om ’n volmaakte vertaling te vermag.

Waarom BlueGlobe International?

Omdat ons baie trots is op ons werk en belangstel in resultate! As ’n internasionale markleier in taaldienste (vertaling, tolkdienste, kopieskryf, lokalisering, ens.) is ons in staat om dienste op ’n aardwye skaal aan individue sowel as besighede te bied. ’n Reeks gehaltebeheerstelsels is op elke stadium van vertaling in werking sodat ons 100% akkurate vertalings aan ons kliente lewer. Jou gemoedsrus is vir BlueGlobe belangrik, en jy sal sonder twyfel die gehalte ontvang wat jy verdien en verwag.

  • 100e Hooftale Wêreldwye
  • Alle spesialisasies
  • Mededingendste tariewe
  • Gehaltediens
  • Hoogste vlak van klantesorg
  • Die vertaalmaatskappy wat die vinnigste ter wêreld groei
  • Honderde beproefde taaldiensverskaffers
  • Spankonsep van aanvang tot voltooiing
  • 24 uur per dag, 7 dae per week beskikbaar

Ons 10-stap Gehalteversekeringsprogram

Ons stapsgewyse gehalteversekeringsprogram waarborg uitstekende gehalte van alle Afrikaanse vertaalprojekte:

  1. Elke Afrikaanse vertaalprojek sal deur ’n bekwame projekbestuurder ontleed word
  2. ’n Gedetailleerde vertaalplan sal deur die projekbestuurder saamgestel word
  3. Die vertaalprojek sal aan ’n professionele vertaler toegewys word
  4. ’n Terminologie-databasis sal uitsluitlik vir die projek ontwerp word
  5. ’n Rekenaargesteunde vertaalhulpmiddel sal vir die projek geprogrammeer word
  6. Die projek sal in Afrikaans vertaal word
  7. Gehaltebeheer is altyd in werking
  8. Die vertaling sal in die verlangde formaat geset word (DTP)
  9. Die hele vertaling sal ’n tweede keer deur ’n moedertaalspreker geproeflees word
  10. Finale oorsig deur die vertaler en projekbestuurder - Lewering aan die kliënt

Ons wêreldwye netwerk van gekwalifiseerde, bekwame, professionele vertalers verseker BlueGlobe se vermoë om ’n vinnige omkeertyd aan te bied vir selfs die grootste projek met ’n kort tydlimiet. Ongeag wat die bron- of teikentaal is (Afrikaans na Engels (VSA), Engels (VSA) na Afrikaans, of enige ander taalkombinasie (Hongaars na Oekraïens, Hebreeus na Grieks, ens.)), die noukeurigheid en gehalte van jou vertaalprojek word by BlueGlobe International gewaarborg.

Vertaaltariewe - Afrikaans

’n Aantal faktore (teksspesifisiteit, verlangde leweringsdatum, woordtelling van projek, dokumentformaat, ens) het ’n uitwerking op die koste van ’n vertaalprojek. Vir ’n akkurate kwotasie, kliek eenvoudig op ‘Kwotasieaanvraag’ en voltooi die aanlynvorm. Die lêers wat die dokument bevat, kan dan per e-pos gestuur word, wat die nodige inligting en dokumentasie sal voorsien vir ’n akkurate kwotasie, sonder enige bykomende, versteekte koste.

BlueGlobe International is altyd beskikbaar om ons kliente te dien, 24 uur per dag, 7 dae per week! Ons vriendelike personeel sal alles in hulle vermoë doen om jou met jou projek te help.

Taal van telefonis:
Engels
+1.541.330.0450 (USA)

Ons e-pos-hulpvoorsieningsdiens (24/7) word aangebied in:
Engels - Russies - Spaans - Chinees - Frans - Japannees
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Privaatheid en Diens

Ons kliënte se privaatheid is vir BlueGlobe International van die allergrootste belang. Wees gerus dat alle dokumente, projekte, e-posse, briewe, dokumentasie, ens. onder ons streng privaatheidsriglyne vertroulik gehou sal word. Ons konstante doelwit is om elke kliënt gemaklik te laat voel, vol vertroue in ons dienste. Besoek gerus ons webwerf en kyk na ons Privaatheidsbeleid. Hierdie bladsy sal kliënte inlig aangaande die soort inligting wat ons insamel, hoe dit beskerm word, asook alle kliëntekeuses in verband met hoe die inligting gebruik sal word. Ons spoor jou aan om ons Privaatheidsbeleid af te laai om ons algehele verbintenis tot diens en privaatheid ten volle te verstaan. Ons sal natuurlik jou insette en deelname waardeer! Deur middel van ’n hoë vlak van integriteit te handhaaf en ’n ongeëwenaarde verbintenis tot diens het BlueGlobe International met trots ’n kliëntebasis gebou wat ons maatskappy deur en deur vertrou met hulle projekte en inligting. As terugkom-kliënte is hulle ons grootste aanwins.

Vertaal deur Eugene Seegers

Contact Us Op soek na ’n loopbaan?

Is jy ’n talentvolle beroepsmens wat bekwaam is in taaldienste? Indien wel, nooi ons jou om die aansoekvorm op hierdie webwerf in te vul! Dis gratis, maklik en neem slegs 5-7 minute van jou tyd in beslag.

Contact Us Professionele proeflees!

Is jy ’n gekwalifiseerde en ervare proefleser? Is jy geleerd of opgelei op ’n spesifieke gebied? Sluit aan by ons span van moedertaal- sprekers wat hulle interessante werk geniet!

Contact Us Vakkundigheid

By BlueGlobe International is naasbeste nie goed genoeg nie. Hoë gehalte is ons gewone standaard. Ons kliënte is terugkom-kliënte weens ons wye verskeidenheid vakgebiede.

Contact Us Kontak ons

Maatskappye regoor die wêreld vertrou ons -
. . . en binnekort sal jy ook

Telephone:
+1.541.330.0450
+55.21.2262.1793
+91.172.2561020
Mobile:
+1.541.213.8526
+55.21.2262.1793
+91.981.4535577
Fax (USA-Argentina-India):
+1.541.330.0451
+55.21.2262.1793
+91.172.2561020

www.blueglobetranslations.com

Vertaaldienste -
... in 100e tale

Arabies Hebreeus
Chinees Italiaans
Nederlands Japannees
Engels Latyn
Frans Portugees
Duits Russies
Grieks Spaans
Al Tale

Professional Translation Services Company

Request a Quote

 

feed-image Feed Entries

Get your FREE QUOTE now or call us directly at 1.541.330.0450 or 541.213.8526 (USA)


Warning: session_write_close() [function.session-write-close]: write failed: Disk quota exceeded (122) in /home/blueglob/public_html/libraries/joomla/session/session.php on line 556

Warning: session_write_close() [function.session-write-close]: Failed to write session data (files). Please verify that the current setting of session.save_path is correct (/tmp) in /home/blueglob/public_html/libraries/joomla/session/session.php on line 556